Solidariteit se Onderwysernetwerk sê hy is bekommerd oor die finansiële druk by Laerskool Pierneef in Pretoria se Moot-gebied, waar die skool ’n skarebefondsingsveldtog moes begin om onderwysers te betaal.
Die skool is as ’n kwintiel 5-skool geklassifiseer, wat beteken dit ontvang minder staatsubsidie omdat dit as ’n meer gegoede skool beskou word.
Tog het meer as 200 van die skool se 500 leerlinge se ouers reeds aansoek gedoen vir vrystelling van skoolfonds, terwyl ander nie kan betaal nie.
Volgens Johan Botha van Solidariteit weerspieël baie skole se kwintiel-klassifikasie nie meer die werklike sosio-ekonomiese omstandighede van hul gemeenskappe nie.