Luister nou

Showmax aan die einde van April gegroet

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die gewilde Suid-Afrikaanse Showmax-diens gaan aan die einde van April gestaak word.

MultiChoice het vroeër vandeesmaand aangekondig dat hy van voorneme is om die Showmax-diens te staak.

Showmax het in ’n verklaring aan intekenare bevestig dat Showmax ’n nuwe hoofstuk begin en dat alle gunstelingprogramme voortaan op die DStv Stream-stromingsdiens te siene sal wees.

Volgens MultiChoice volg dié besluit na ’n omvattende hersiening en sê dat daar voortaan op die versterking van MultiChoice se digitale aanbod en langtermyn volhoubaarheid in ’n mededingende stromingsmark gefokus sal word.

Showmax is amptelik in Suid-Afrika op 19 Augustus 2015 deur MultiChoice bekendgestel, voordat dit oor die Afrika-vasteland versprei het.

Die Franse betaaltelevisie-reus Canal+ het verlede jaar aangekondig dat hy beheer oor MultiChoice oorgeneem het. Die uitvoerende hoof van Canal+, Maxime Saada, het reeds in Januarie vanjaar gesê dat Showmax nie meer ’n kommersiële sukses nie.

Die televisiediens sê stromingsdienste bly sentraal tot sy strategie en hy sal steeds voortgaan om in hoë gehalte inhoud, tegnologiese innovasie en vennootskappe, te belê.

Gewilde Nuus

Polisiebeamptes

Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Nie almal is swemmertjies nie!
Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

Luister nou