Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Selfdood ‘n toenemende oorsaak van onnatuurlike dood

Discovery Life sê volgens sy eis-inligting vir 2024 is selfmoord ‘n toenemende oorsaak van onnatuurlike dood, veral onder die versekeraar se middeljarige en ouer lede.

Meer as ‘n derde van die onnatuurlike sterftes – oftewel 35% – was die gevolg van selfdood teenoor 28% van die vorige jaar se gevalle.

Dit is veral lede in die ouderdomsgroep van 51 tot 60 jaar oud wat hierdeur geraak word en in dié ouderdomsgroep was 51% van die onnatuurlike sterftes die gevolg van mense wat hul eie lewe geneem het – teenoor 33% in 2023.

Volgens Discovery Life se hoof van eise, Sylvia Steyn, skep dié inligting ‘n kommerwekkende prentjie.

Vir Discovery Life-lede van 30 jaar en jonger was motorongelukke die grootste oorsaak van onnatuurlike sterftes – naamlik 60%.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

krag

Ses wenke om sonder krag te oorleef

Screenshot 2025-04-11 122418

Suid-Afrikaanse Lughawens vaar goed by toekennings

10 uit 10

Pretoria FM kry sy eerste 10 uit 10-wenner – en hy wen R18 000!

Eie rigting

Eie rigting: Trump se tarief-waagstuk

Ina Wilken

Gryskrag: BTW-verhoging ’n klap in verbruikers se gesig

Ander Nuus Artikels

atletiek
SAOU eis antwoorde oor “swak behandeling” van Limpopo se SA skoolatlete
DITSOBOTLA
Hofsaak eis dat president en kabinet nou sélf Ditsobotla munisipaliteit moet regruk
krag
Ses wenke om sonder krag te oorleef
Screenshot 2025-04-11 122418
Suid-Afrikaanse Lughawens vaar goed by toekennings
10 uit 10
Pretoria FM kry sy eerste 10 uit 10-wenner – en hy wen R18 000!

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende