Die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum het die hooggeregshof in Pretoria genader om alle Suid-Afrikaanse wapenuitvoere na die VSA te staak.
Volgens hofstukke oortree die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee sy eie wetgewing deur wapentuig te verskaf aan ’n land wat wêreldwye vrede bedreig. Die SALC voer aan dat die VSA se onlangse militêre optrede internasionale reg skend. Suid-Afrika het glo verlede jaar wapens ter waarde van meer as 279-miljoen rand na Amerika uitgevoer.
Die saak eis dat die regering menseregte bo politieke alliansies stel. President Cyril Ramaphosa en die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga is respondente in die saak.