Luister nou

Riglyne vir die Bela-wet is gepubliseer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê die riglyne wat vir die BELA-onderwyswet gepubliseer is, is ‘n taktiese deurbraak vir dié organisasies.

Die riglyne is deur die minister van onderwys, Siviwe Gwarube, gepubliseer.

LEES OOK: Regsaksie begin oor promulgering van die Bela-wet

In ‘n gesamentlike verklaring sê hulle dat die riglyne nie die wet ongedaan maak nie, maar dat dit ‘n mate van beskerming vir skole bied.

Volgens die gepubliseerde riglyne mag skole – wat genoegsame aansoeke van ouers ontvang het – nie departementele instruksies ontvang om hul taalbeleid te verander nie.

Benewens dié bepaling word die konsultasieproses duideliker uiteengesit en word daar klem op faktore soos die skole se bestaande taalbeleid en die behoefte in die groter onderwysdistrik gelê.

LEES OOK: Bela is wet – wat nou?

Luidens die riglyne moet die reg op moedertaalonderwys ook in ag geneem word.

Die uitvoerende hoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann sê hoewel riglyne minder gewig dra as regulasies, norme en standaarde, bied dit tog ‘n mate van rasionaliteit. Hy sê dit beteken dat as iemand dit nié toepas nie, daar ‘n sterker grondslag vir regsaksie is.

 

Die riglyne in hier beskikbaar.

One Response

  1. Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum moet nie té gerus raak nie. Ons weet al die ANC kan nie vertrou word nie en moet deeglik dopgehou word sodat hulle nie een of ander verskuilde agenda in werking stel nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou