Die Onafhanklike Verkiesingskommissie gaan die kandidaatbenoemingsproses vir 32 politieke partye heropen ná die Konstitusionele Hof se uitspraak ten gunste van die ANC oor sy kandidaatlys.
Die OVK se voorsitter Mosotho Moepya sê die partye sal gevra word om te bevestig of hulle aan die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November wil deelneem.
Partye wat hul deelname bevestig, sal die geleentheid kry om hul kandidaatlyste aan te vul of name te vervang om aan die vereistes te voldoen.
13 ander partye word uitgesluit omdat hulle steeds nie aan die vereistes voldoen nie.