Regsaksie begin oor promulgering van die Bela-wet


Luister nou

Volgende

Regsaksie begin oor promulgering van die Bela-wet

16 Januarie 2025

AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum het met regsaksie teen die promulgering van die Bela-wet begin.

Volgens dié organisasies was president Cyril Ramaphosa se optrede – om die wet in sy geheel te promulgeer – irrasioneel.

Hulle voer aan dat dit ook strydig was met verskeie ooreenkomste en ’n aanbeveling van die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube.

Tydens ‘n mediakonferensie vanoggend, het dié drie organisasies daarop gewys dat die minsiter ook irrasioneel opgetree het deurdat sy die promulgeringskennisgewing mede-onderteken het.

Dit is glo teenstrydig met haar aanbevelings dat die wet nie ten volle gepromulgeer moet word nie.

Regsbriewe is reeds aan die president en die minister gestuur waarin hulle tien dae gegee word om die dispuut op te los.

Die partye sê hulle sal geen ander keuse hê as om die hof te nader indien daar nie reaksie op hulle skrywes is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Regsaksie begin oor promulgering van die Bela-wet


Luister nou

Volgende