Luister nou

Reaksie op die verlenging van die Agoa-wet

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Motorbedryf Vereniging, MISA, sê hy verwelkom Suid-Afrika se insluiting in die verlenging van die Wet op Afrika Groei en Geleenthede en sê dit sal die land se voertuig en motoronderdele uitvoere ‘n hupstoot gee.

Onder die Wet sal daar meer as ‘n 1800 Suid-Afrikaanse produkte en goedere belastingvry na die VSA uitgevoer word.

Die opskorting van Agoa verlede jaar het ‘n ernstige uitwerking op Suid-Afrika se voertuie en motoronderdele uitvoere gehad.

MISA se bedryfshoof, Marle Keyter, sê Suid-Afrika is sedert Augustus aan ‘n 30-% tarief onderwerp wat die kostes vir VSA besighede se invoere van Suid-Afrika aansienlik verhoog het.

Die landbou-organisasie, AgriSA het intussen ook die goedkeuring om Agoa met een jaar te verleng, verwelkom.

Die organisasie meen al is die verlenging slegs vir ‘n kort tydperk, dat dit aandag gee aan ‘n dringende behoefte aan sekerheid tussen Suid-Afrika en die VSA.

AgriSA sê die VSA bly ‘n belangrike mark vir Suid-Afrikaanse landbou en die ooreenkoms speel ‘n belangrike rol in sleutelbedrywe soos motorvervaardiging en die tekstielbedryf.

Fotokrediet: Agoa – The North Africa Post

Gewilde Nuus

Mteto Nyati - TechCentral

Eskom het ’n oorskot elektrisiteit

Fotokrediet: Netwerk24

Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Brandstof 1

Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Stefan2

Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Ander Nuus Artikels

Amazon-logo
Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting
Anil-Sooklal
SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek
Charlie Kirk 1
Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk
Mteto Nyati - TechCentral
Eskom het ’n oorskot elektrisiteit
Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Luister nou