Luister nou

Ramaphosa se Phala Phala-hersieningsaansoek in September aangehoor

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die hooggeregshof in Kaapstad sal ván 2 tót 4 September vanjaar president Cyril Ramaphosa se aansoek aanhoor om die artikel 89-paneel se verslag oor die Phala Phala-diefstalsage te hersien.

Ramaphosa het Maandag amptelik sy aansoek ingedien wat die hof vra om die onafhanklike paneel se verslag te hersien.

Die paneel het bevind dat hy wel antwoorde moet verskaf oor die diefstal van $580 000 Amerikaanse dollar in ’n rusbank op sy plaas in Limpopo in Februarie 2020.

Ramaphosa beweer dat die paneel se proses gebrekkig was en nie die wettigheid en toelaatbaarheid van die bewyse behoorlik beoordeel het nie.

Dié hersieningsaansoek poog om die verslag ongeldig te laat verklaar, sowel as enige stappe wat deur die Nasionale Vergadering gedoen word in reaksie op die verslag.

Die verslag, wat deur die voormalige hoofregter Sandile Ngcobo gelei deur, is in 2022 saamgestel.

Die regsuitdaging kom te midde van die daarstelling van ’n ontheffingskomitee – saamgestel uit 31 parlementslede – na aanleiding van ’n bevel van die konstitusionele hof om die paneel se bevindinge te oorweeg.

 

Gewilde Nuus

Untitled design (18)

Spies staan familie by van man wat ná rugby sterf

Untitled design (17)

Laaste wit president in Afrika sterf

Graffiti logo

Graffiti-boekeblad 17 Julie 2026

Fotokrediet: The Citizen

Hoës vergader vandag oor uitbetalings aan munisipaliteite

Fotokrediet: Reuters

Burnham verkies as leier van Arbeiders

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Hart en houtskool
DCIM100MEDIADJI_0626.JPG
Ligte, kameras, rugby!
Untitled design (19)
Iran kan meer pyn as die VSA absorbeer
Untitled design (18)
Spies staan familie by van man wat ná rugby sterf
Untitled design (17)
Laaste wit president in Afrika sterf

Luister nou