President Cyril Ramaphosa het onderneem om tussenbeide te tree in die geskil tussen die KwaZulu-Natalse polisiebevelvoerder, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi en die minister van polisie, Senzo Mchunu.
Dit kom nadat Mkhwanazi beweer het dat Mchunu die provinsiale taakspan wat politieke moorde ondersoek ontbind het, en dat hy bande het met misdaadsindikate – waarby verdagtes soos Brown Mogotsi en Vusimusi “Cat” Matlala betrek word.
Ramaphosa, wat tans die BRICS-leiersberaad in Rio de Janeiro, Brasilië, bywoon, sê die saak is ‘n ernstige nasionale veiligheidskwessie en sal op die hoogste prioriteitsvlak aandag geniet.
Hy sê dit is noodsaaklik dat die integriteit van die land se veiligheidsdienste beskerm word en dat die oppergesag van die reg bevestig word.
2 Responses
Tussenbeide tree?Met n ANC verfkwas wat alles mooi toeverf?
Ingryp of n kommitee stig?