Luister nou

Ramaphosa eis goedkoper elektrisiteit

Deur Walter Ernst

President Cyril Ramaphosa sê dat die volgende fase van Suid-Afrika se elektrisiteitshervormingsprogram op die vermindering van die koste van elektrisiteit moet fokus.

Ofskoon beurtkrag grotendeels iets van die verlede is, plaas buitensporige tariefstygings grootskaalse nywerhede soos die metaalsektor onder ernstige druk.

Volgens Ramaphosa het elektrisiteitspryse oor die afgelope twee dekades die inflasiekoers ver oorskry.

Ramaphosa het sakeleiers tydens die SA Federasie van Staal-en-ingenieursbedrywe se presidensiële besigheidsontbyt in Ekurhuleni toegespreek en die voortslepende uitdagings rakende lasvermindering in sekere gemeenskappe erken.

Hy beklemtoon dat toekomstige hervormings die sekuriteit van voorsiening moet balanseer met mededingende elektrisiteitspryse om industriële groei, belegging en werkskepping te ondersteun.

“Elektrisiteit moet bekostigbaar wees. Elektrisiteitspryse het vir energie-intensiewe nywerhede ’n eksistensiële uitdaging geword. Dit is presies die uitdaging. Oor die afgelope twee dekades het elektrisiteitstariewe baie vinniger as inflasie gestyg,” sê Ramaphosa.

Hy het bygevoeg dat elektrisiteitskoste in sommige gevalle veel hoër is as arbeidskoste.

“Dit noop smelters en ander energie-intensiewe bedrywighede om deure te sluit, wat tot grootskaalse werksverliese en die verlies van kritiese vaardighede lei. Dit is nie nywerhede wat vandag eenvoudig afgeskakel en môre weer begin kan word nie. Sodra ’n smelter sluit, verloor ons produktiewe kapasiteit in ons land”.

Ramaphosa het benadruk dat ’n betroubare kragnetwerk nie meer genoeg is nie – dit moet meer bekostigbaar wees om ekonomiese groei, belegging en werkskepping te verseker.

 

Gewilde Nuus

Business finance and investment concept, Capital gain world money economic growth. coin stack financial graph chart, market report on cash currency concept.

IMF voorspel sterker wêreldwye groei danksy KI-hupstoot

Fotokrediet: The Mail & Guardian

President Cyril Ramaphosa: Transformasie van landbou is noodsaaklik

Matriekeksamen - Netwerk 24

Matriekleerlinge begin vandag met NSS-eksamen

Aanlyn dobbel

SNI-verslag lê euwel van die aanlyn dobbelbedryf bloot

Fotokrediet: Weet

VN se armoede-indeks styg

Ander Nuus Artikels

Airlink-verbyvlug
BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af
Fotokrediet: Reuters
Brand verwoes oudste kosmark in Parys
Fotokrediet: Zoutnet
Reusewyfie luislang word by strand aan die suidkus gered
Business finance and investment concept, Capital gain world money economic growth. coin stack financial graph chart, market report on cash currency concept.
IMF voorspel sterker wêreldwye groei danksy KI-hupstoot
Fotokrediet: The Mail & Guardian
President Cyril Ramaphosa: Transformasie van landbou is noodsaaklik

Luister nou