Luister nou

Pretoria FM vier Onderwysersdag by Wonderboom-Suid Skool

Deur Pretoria FM Nuusspan

Pretoria FM het saam met Krispy Kreme by Wonderboom-Suid Skool gaan kuier om Onderwysersdag op ’n spesiale manier te vier. Die skool se gange was gevul met lag, musiek en die soet geure van vars oliebolle — alles om dié mense te eer wat elke dag hul harte vir kinders gee.

Een van die hoogtepunte van die besoek was ons gesprek met Juf. Elize Pieterse, wat reeds 40 jaar in die onderwys is. Met trane van dankbaarheid het sy vertel dat haar loopbaan hierdie jaar tot ’n einde kom.

“In die begin was onderwys ’n eer. Dit was ’n edele beroep,” sê sy met ’n sagte glimlag.

Haar passie en toewyding het almal in die vertrek diep geraak.

Ons het ook met die skoolhoof, Rina Pretorius, gesels oor die groei van haar personeel sedert Wonderboom-Suid van ’n hoofstroomskool na ’n skool vir leerlinge met spesiale behoeftes verander het. Haar antwoord was inspirerend:

“Ek is só trots. Hulle het soos superhelde in opleiding begin en nou is hulle volwaardige kampioene wat enige uitdaging aanpak – selfs al beteken dit dat hulle tien keer per dag dieselfde vraag moet beantwoord.”

Sy beskryf haar span in drie woorde: Stout, energiek, kreatief (en koffieverslaafdes).

Pretoria FM en Krispy Kreme het saamgespan om vir elke onderwyser ’n bietjie soetigheid te bring — Pretoria FM-oliebolle wat die dag perfek afgerond het, want soos ons almal weet: onderwysers is die fondament van ons samelewing en verdien elke dag opregte dankies en die lekkerste oliebolle. 🍩

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V

Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wanneer ’n boer vermoor word ….
Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Luister nou