Luister nou

Pistorius nader hof oor paroolaansoek

Deur Pretoria FM Nuusspan

31 Augustus 2022

Die veroordeelde moordenaar, Oscar Pistorius, het hom tot die hooggeregshof in Pretoria gewend om die owerheid te dwing om ‘n aansoek om parool vir hom aan te hoor.

Pistorius – wat as paralimpiese-atleet op die atletiekbaan uitgeblink het – dien tans 13 jaar gevangenisstraf uit vir die moord op sy voormalige vriendin, die model, Reeva Steenkamp.

In sy hofstukke voer Pistorius aan dat hy reeds in Februarie verlede jaar in aanmerking kon kom vir parool, nadat die hoogste hof van appèl beslis het dat sy huidige vonnis se datum van aanvang verander moet word na Oktober 2014.

In 2017 het dieselfde hof beslis dat Pistorius ‘n vonnis van 13 jaar en vyf maande gevangenisstraf moet uitdien nadat die staat teen ‘n vorige vonnis van ses-jaar appèl aangeteken het.

Die korrektiewedienste se Atteridgeville gevangenis – waar Pistorius aangehou word – voer op sý beurt aan dat daar teenstrydige uitsprake deur die hof is en dat hy ook ‘n hofaansoek afwag om duidelikheid oor die datums te kry.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Impak van regulatoriese omgewing op voedselsekerheid

DA Kandidate

DA stel 70 kandidate in ANC-wyke

Gemini_Generated_Image_h4z9g2h4z9g2h4z9

Belfast: Groeiende uitbarsting verwag

Jacinta

Onwettige immigrante: Spanning verwag soos spertyd nader

Orania

Kampusprojek van R15 miljoen op Orania beplan

Ander Nuus Artikels

Floppy die patrolliehond
Vermiste Floppy dood gevind
Ashley Oosthuizen - Fotokrediet News24
Ashley Oosthuizen se vonnis in Thailand wéér verkort
Vector of USA and Iran flag with grunge texture background. This illustration is an EPS 10 file with contains transparency effects.
’n Vredesooreenkoms is tussen die VSA en Iran bereik
Boer tot bord
Impak van regulatoriese omgewing op voedselsekerheid
DA Kandidate
DA stel 70 kandidate in ANC-wyke

Luister nou