Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste, bekend as die NHLS, sê hy het die afgelope vyf jaar meer as 70% van sy patoloë verloor.
Dít is glo omdat spesialiste die openbaregesondheidsektor verlaat vir beter-betalende werksgeleenthede in privaat hospitale.
Die diens het tans ’n agterstand van bykans 14 000 en sommige monsters is steeds onaangeraak terwyl ander steeds die finale goedkeuring van ’n patoloog vereis.
Dié kwessie het aan die lig gekom, nadat die DA besoek by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg afgelê het.
Die NHLS se uitvoerende hoof, Elis Shcapkaitz, sê daar is tans slegs vier patoloë by die hospitaal in diens, wat nagenoeg 4-duisend toetse per maand moet voltooi.