Luister nou

Openbaresektorbesteding styg wéér

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die openbaresektor-besteding het in 2024 vir die derde agtereenvolgende jaar gestyg.

Volgens ‘n verslag van Statistiek Suid-Afrika oor regeringsinfrastruktuurbesteding was die syfer in 2024 R276 miljard, van die R234 miljard wat in 2023 bereik is.

Dit is ’n 18%-toename en volg ná ’n vyfjaarafname wat in 2016 begin het.

Die jongste syfers toon dat die regering en sy instellings weer geld belê in elektrisiteits-, spoor- en padprojekte.

Eskom se kapitaalbesteding het met 26% gestyg, met die fokus op sy kapasiteitsuitbreidingsprogram en lopende projekte by die Medupi- en Kusile-kragstasies.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se besteding het met 37% verhoog, terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se besteding met 41% verhoog het en die herstel en bou van nasionale paaie verskerp is.

Transnet se belegging het met 19% gegroei, terwyl hy aan die instandhouding van hawens, pypleidings en spoorwegkapasiteit gewerk het.

SSA sê instandhouding deur die openbare en privaat sektore help om die vloei van ekonomiese aktiwiteit regoor die land te verseker.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Die toekoms van die boer na die bord

Untitled design (26)

Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Untitled design (27)

Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum

Untitled design (25)

Naboomspruit gaan DorpToe!

Untitled design (23)

Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?

Ander Nuus Artikels

Selby Mbenenge
RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors
Fotokrediet: Moneyweb
Munisipaliteite skuld Eskom baie
Fotokrediet: Netwerk24
VSA staak aanvalle op Iran
Boer tot bord
Die toekoms van die boer na die bord
Untitled design (26)
Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Luister nou