Die Oos-Kaapse polisie is op soek na ‘n onbekende aantal verdagtes wat by die premier, Oscar Mabuyane se huis in Bunkers Hill in Oos-Londen ingebreek het.
Die inbrekers het met meer as R40 000 se elektroniese ware weggekom – ten spyte daarvan dat dié woning onder 24-uur polisiebewaking is.
Sy kantoorsleutels en klanktoerusting is onder meer gesteel.
Mabuyane was nie tuis ten tyde van die voorval nie.
‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Siphokazi Mawisa sê die polisiebeamptes aan diens het eers van die inbraak bewus geword toe hulle gesien het dat een van die sitkamerruite verwyder is.
Mawisa sê ‘n saak van huisroof word ondersoek.
Foto: Polity.org
One Response
😅 😅 😅 Dalk het die “polisie bewakers” self besluit dat die premier nie meer al daardie toerusting nodig het nie.