Marelize Maré
Die regering in Limpopo het sy optrede verskerp na erge oorstromings in die provinsie en het gisteraand ‘n noodvergadering met belanghebbendes en die nasionale regering gehou.
Die vergadering het die departement van samewerkende regering en tradisionale sake ingesluit, in ‘n poging om verligting, redding en herwinning te koördineer.
Dit volg nadat swaar reën en wydverspreide oorstromings in verskeie dele van die provinsie voorgekom het.
Die vergadering het veral op die omvang van die skade gefokus en daar is opsies bespreek om nood-fondse en ondersteuning van die nasionale regering te bekom.
Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Basikopo Makamu, sê die skade beramings word tans gedoen en reddingsoperasies, die herstel van basiese dienste en hulp aan gemeenskappe, is geprioritiseer.