Luister nou

Omstrede Vrystaatse asbesdak-saak weer in die hof

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die multimiljoenrandse asbesdakverwydering-saak is vandag terug in die hooggeregshof in Bloemfontein waar agtien beskuldigdes – insluitend die voormalige ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule – tereg staan op klagte van korrupsie en geldwassery.

Dit hou verband met die beweerde onreëlmatige toekenning van die asbesdakverwyderingskontrak van R255-miljoen in die Vrystaat in Oktober 2014.

Die verhoor is van vandag af tot 23 Junie op die hofrol, maar sommige van die beskuldigdes het reeds aangedui dat hulle nie gereed is om met die verhoor voort te gaan nie.

Nog een van die beskuldigdes, die sakeman Edwin Sodi, se regsverteenwoordiger, advokaat Laurence Hodes sê hulle is ongelukkig oor die moontlikheid dat die saak uitgestel gaan word. Hy verteenwoordig ook Magashule.

Hodes meen sou die saak weer uitgestel word, sal hy en sy span eers in 2026 beskikbaar wees. Volgens hom het hy ander werk weggewys vir dié saak.

Ten spyte van die provinsie se besteding op dié projek is daar nagenoeg 36 000 huise in die Vrystaat wat nog asbesdakke het.

One Response

  1. Ek hou nie my asem op oor hierdie aangeleentheid nie. Maak julle maar gereed vir ‘n uitgerekte saak. Daar al reeds persone wat aangedui het dat hulle “nog nie gereed is” vir die saak nie.

    Neels
    Bethlehem

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Ander Nuus Artikels

SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Luister nou