Luister nou

NDBV ruk Perdewedrenowerheid in die bek

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings, die NDBV, het met die Nasionale Perdewedren-owerheid vergader om hul kommer oor renperde – wat in die #ReinInThePain-veldtog uiteengesit word – te bespreek.

Die NDBV vra dringende ingryping om renperde te beskerm.

Kommer bestaan oor die gebruik van tongbande en perde wat te jonk is om aan wedrenne deel te neem. Die DBV se raadgewende veearts, dr. Bryce Marock, sê dierewelsyn moet voorkeur bo kommersiële belange geniet.

Hy vra strenger wetstoepassing, strafregtelike vervolging waar nodig, ’n verbod op skadelike instrumente en dat geen perde aan wedrenne mag deelneem alovrens hulle gebeente volledig ontwikkel is nie.

Dr. Marock sê dit sal betekenisvolle hervorming in Suid-Afrikaanse perdewedrenne meebring.

Die Perdewedrenowerheid het die NDBV tydens die vergadering versoek om sy amptelike beleidsverklaring wat dierewedrenne teenstaan te wysig na ’n beleid van produktiewe gesprekvoering.

Dr. Marock het egter gesê dat die DBV as bewaarder van dierewelsyn in Suid-Afrika nie ’n kompromis kan of sal aangaan betreffend sy regsmandaat om diere te beskerm ten einde samewerking te vergemaklik nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Luister nou