Luister nou

Matriekuitslae-saak: Hof weier IR se verlof tot appèl

Deur Walter Ernst

Die Inligtingsreguleerder (IR) se aansoek om appèl vir die publikasie van matriekuitslae is van die hand gewys is.

Die hof het bevind dat die gebruik van eksamennommers die privaatheid van leerlinge genoegsaam beskerm en dat die uitslae in die openbare belang gedeel mag word.

Volgens AfriForum se hoof van kultuursake Alana Bailey is dit ’n verligting dat die dispuut oor die publikasie van matriekuitslae uiteindelik opgelos is.

“Dit is ’n oorwinning vir die publikasie van inligting wat in die openbare belang is,” sê Bailey.

Bailey sê dat die uitspraak ook verseker dat belangrike wetenskaplike navorsing wat van anonieme kodes gebruik maak, sonder struikelblokke kan voortgaan.

Dit volg op ’n uitgerekte regstryd wat reeds in 2022 begin het nadat die departement van basiese onderwys (DBO) probeer het om die publikasie van die uitslae te verbied.

Die hof het egter ten gunste van AfriForum en die ander betrokke partye beslis dat dit wél in die openbare belang was en dus moes voortgaan.

Bailey beklemtoon dat die uitslag van die saak meer kwessies as net die publikasie van matriekuitslae raak.

“Verskeie navorsingsvelde werk met inligting van individue wat slegs deur nommers of kodes geïdentifiseer kan word. Dit word juis gebruik om hul reg op privaatheid en anonimiteit te beskerm. Die feit dat die saak nou afgehandel is, beteken dat sulke data gebruik kan word en noodsaaklike navorsing kan voortgaan sonder vrees dat dit probleme kan veroorsaak.”

 

 

Gewilde Nuus

Mteto Nyati - TechCentral

Eskom het ’n oorskot elektrisiteit

Fotokrediet: Netwerk24

Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Brandstof 1

Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Stefan2

Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Ander Nuus Artikels

Amazon-logo
Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting
Anil-Sooklal
SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek
Charlie Kirk 1
Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk
Mteto Nyati - TechCentral
Eskom het ’n oorskot elektrisiteit
Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Luister nou