Luister nou

Matriekuitslae mág gepubliseer word

Deur Pretoria FM Nuusspan

Walter Ernst

Ondanks ’n voortslepende regstryd met die inligtingsreguleerder, het die departement van basiese onderwys bevestig dat die 2025-matriekuitslae wel volgende week in die media sal verskyn.

Die woordvoerder van die departement, Terence Khala, sê die departement volg hul regspan se advies om voort te gaan met publikasie. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube sal Maandag haar amptelike rede lewer, waarna uitslae vanaf Dinsdag op die departement se webwerf beskikbaar sal wees.

Hoewel die Inligtingsreguleerder aanvoer dat mediapublikasie leerlinge se privaatheid en die Popia-wet skend, bly die vroeëre hofuitspraak wat dié verbod opgehef het, tans van krag.
Die reguleerder se appèlaansoek is steeds hangende, maar stuit nie die departement se huidige planne nie.

Pretoria FM se e-publikasie, Nuusweek, sal ook volgende week Dinsdag die matriekuitslae publiseer.

Fotokrediet: Netwerk24

Gewilde Nuus

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Ander Nuus Artikels

Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Luister nou