Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Deur: James Kemp 

Magnus Heystek is bekend daarvoor dat hy gesaghebbend oor die ekonomie praat. Met sy diep stem deel hy beleggingsadvies op verskillende mediaplatforms, en hy skryf gesaghebbende meningstukke waarvan ’n mens gerus kan kennis neem. Heystek het sy loopbaan in die joernalistiek begin en later as sakeredakteur by verskeie koerante opgetree, insluitende Beeld, Die Transvaler, Vaderland en later The Star waarby hy 10 jaar lank betrokke was.

Persoonlike beleggings het toenemend ’n fokuspunt van sy skryfwerk geword, en later het ’n paar boeke oor die onderwerp gevolg. ’n Televisiereeks van 52 episodes getiteld The World of Money was ook sy pennevrug.

“Toe ek weg is by The Star het ek my eerste beleggingsmaatskappy gestig, Magnus Heystek Investment Services. Ná vier jaar is dit aan Citadel verkoop, waar ek sowat twee jaar was voordat ek sowat 21 jaar gelede Brenthurst Wealth begin het.”

Heystek sê die beleggingsbedryf het aansienlik verander sedert hy dit die eerste keer betree het.

“Dit was maar die Wilde Weste in daardie dae, met hoë kommissies en baie min reëls om belastingontduiking te voorkom. Vandag is die bedryf aan baie meer reëls onderhewig en word dit baie streng gereguleer. Beleggers het vandag baie meer beskerming en heelwat meer keuses om hulle welvaart te beskerm.”

As jy hom vra oor gebeure wat hom bybly, lig hy dadelik die finansiële krisis van 2008 uit.

“Dit was sekerlik die naaste wat die wêreld se ekonomiese stelsels daaraan gekom het om in duie te stort. Dit was baie amper!”

Heystek sê die grootste probleem vir Suid-Afrikaanse beleggers bly steeds om hulle internasionale koopkrag te beskerm.

“Die waarde van die rand verminder reeds die afgelope 45 jaar met sowat 5-6% per jaar teenoor die dollar. Ons kan die dalende koopkrag van ons geldeenheid sien in die dalende verkope van duur motorkarre. Suid-Afrikaners kan dit eenvoudig nie meer  bekostig nie.”

Volgens hom is een van die grootste foute wat Suid-Afrikaanse beleggers maak, om ongereguleerde beleggings te maak wat hemelhoë rentekoerse beloof.

“Niemand het nog ooit geld in gereguleerde beleggings verloor weens bedrog of skemas wat in duie stort nie.”

Pretoria FM en Brenthurst Wealth bied op 14 Mei ’n gratis webinaar aan met die tema “Beleggings in onsekere tye”. Heystek sê dié webinaar bied aan lesers die geleentheid om hulle kennis te verbreed en vrae oor beleggings te vra.

Bespreek jou plek hier. (https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_mMs3isLnSamXNhKZoCdjtQ)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Nuuskommentaar: Afrikaans se toekoms op SABC TV

pretoria

“Pretoria die land se veiligste stad, ‘n bewyse van ActionSA se vordering”

NDLOVU

Liggame van vermiste joernalis en sy vriendin gevind

319513481_900220214320987_5607893274331118530_n

SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede

Ander Nuus Artikels

GNOwtCrWUAAJNit
Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree
Screenshot 2025-05-09 105122
IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik
POTTE
Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Nuuskommentaar: Afrikaans se toekoms op SABC TV
pretoria
“Pretoria die land se veiligste stad, ‘n bewyse van ActionSA se vordering”

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende