30 November 2022
‘n Luislang van ongeveer vyf meter lank is vanoggend by die Pebble Rock-gholflandgoed buite Pretoria gevind.

Dit kom slegs enkele dae nadat gholfspelers ‘n krokodil by die sesde gaatjie se watergat opgemerk het. Ondanks verskeie pogings om die krokodil te vang en te verskuif, kon hy steeds nie suksesvol gevang word nie.
Volgens ‘n veiligheidsbeampte van die landgoed, Barry Willemse kom slange gereeld op die landgoed voor, maar is dit nie al dag wat so ‘n groot slang gevind word nie. Hy sê eienaars van ‘n huis op die landgoed het die slang vroeg vanoggend in hulle voëlhok gevind.
Hy het reeds ‘n eend en ‘n hoender gevreet. Volgens Willemse is die slang dadelik gevang en na ‘n ander gebied verskuig.
‘n Slangvanger van Centurion, Hermien Grobler sê alhoewel dit nie ongewoon is om ‘n luislang te vang nie, is dit egter nie volop nie, en sal ‘n luislang besigtigheid nie elke dag gebeur nie. Volgens haar is luislange glad nie giftig nie, maar wanneer hulle groter is kan hulle baie seer byt. “Hulle tande is soos lemmetjies.”

Sy sê luislange is ‘n beskermde spesie en kan dus nie gevang en aangehou word nie. Volgens Grobler raak die groen skerpioene ook gewoonlik betrokke as ‘n luislang opgemerk word, weens die feit dat stropers hulle vir baie geld verkoop.
Volgens Die Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika deur Johan Marais word luislange tot so lank as ses meter. Hulle natuurlike habitat is redelik versprei, maar hulle verkies klipbanke in dorre en vogtige savanne, sowel as in laaglandwoude.
Foto’s: Barry Willems.