Luister nou

Louis Liebenberg na Weskoppies vir psigiatriese waarneming

Deur Pretoria FM Nuusspan

Louis Liebenberg, wat saam met agt ander beskuldigdes op meer as 50 aanklagte van bedrog, rampokkery en geldwassery teregstaan, is vandag deur die hof vir 30 dae se psigiatriese waarneming na die Weskoppies-hospitaal verwys.

Dié besluit volg ná sy ontwrigtende gedrag in die hof, insluitend disrespek teenoor die landdros en ‘n fokus op sy eie menings eerder as die borgtogaansoek.

Hoewel ‘n distriksgeneesheer bevind het dat Liebenberg wel toerekeningsvatbaar is, het die landdros bevind dat verdere waarneming nodig is om sy vermoë om aan die hofverrigtinge deel te neem, te evalueer. Liebenberg, wat homself verteenwoordig, het aangedui dat hy nie die nodige mediese sorg in aanhouding ontvang nie en kla oor verskeie gesondheidsprobleme.

Hy het ook gevra dat die huidige landdros homself aan die saak moet onttrek weens beweerde partydigheid.
Die hof sal op 29 Augustus hoor of daar ‘n bed by Weskoppies beskikbaar is. In die tussentyd bly Liebenberg in aanhouding by die Kgosi Mampuru II-gevangenis se C-Max-afdeling.

Die hofsaak teen hom en sy medebeskuldigdes is intussen uitgestel.

One Response

  1. Ou Louis Luis werk met ‘n plan. Wie weet, is Weskoppies se kos beter as die tronk se kos? Ek vra namens ‘n vriend.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

ekonomie - Pretoria FM

Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer

Polisiebeamptes

SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek

Ander Nuus Artikels

Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara
Internasionale Perspektief nuut
Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Luister nou