Luister nou

Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer

Deur Marelize Maré

Die Nasionale Tesourie en die Reserwebank het ’n konsepreguleringsraamwerk vir ’n sogenaamde Sintetiese Finansiële Sentrum gepubliseer, wat vir openbare kommentaar oop is.

Die doel is om Suid-Afrika se posisie as ’n finansiële en beleggingsentrum te versterk deur internasionale beleggingsbestuursondernemings toe te laat om goedgekeurde buitelandse portefeuljes vanuit Suid-Afrika te bestuur.

Die voorstel kan plaaslike ondernemings help om internasionale beleggingsbesigheid te lok wat tans vanuit finansiële sentrums soos Londen en Bermuda bedryf word.

Belangstellendes kan tot 30 November skriftelike kommentaar by die Reserwebank indien.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Vecteezy

Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Luister nou