Luister nou

Kiefste Kewerkonvooi in die kontrei

Deur Pretoria FM Nuusspan

Heidelberg was van vroeg vanoggend af in rep en roer, omdat dié dorp met sy Victoriaanse bekoring gedien het as deurgangsroete vir ’n kleurvolle konvooi van meer as 160 klassieke Volkswagen-voertuie, insluitend die ikoniese VW Kewers en Kombi’s.

Dít vorm deel van die Beetle Maniacs se Clarens 2.0 Hippie BUG-fees wat op pad Clarens toe is.

Dié konvooi is ’n eenkeer-in-’n-leeftyd kans om soveel klassieke Volkswagen-voertuie saam te sien. Die konvooi sorg vir kleur en harte wat vinniger klop, veral dié van Volkswagen-fanatici.

Heidelbergers beskryf die konvooi as ’n hoogtepunt van die fees en hulle is gelukkig dat hulle dorp op die spesiale roete ingesluit is.

Die konvooi is deur Christiaan Swanepoel van Heidelberg in sy seldsame 1974 VW Kewer, die “Fun Bug”,  gelei.

Hierdie deurgang verteenwoordig ’n belangrike kulturele en historiese gebeurtenis vir motor-entoesiaste en die breër publiek.

’n Wye verskeidenheid van gesogte, klassieke VW-modelle kan besigtig word, insluitend: VW Kewers, klassieke Kombi’s, Beach Buggies en Karmann Ghias, antieke modelle van die VW Golf en Scirocco.

Fotokrediet: Proudly Heidelberg

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou