Luister nou

Julius Malema skuldig

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die leier van die EFF, Julius Malema, is pas deur die landdroshof in Oos-Londen skuldig bevind aan oortredings van die Wet op Vuurwapenbeheer.

Die saak spruit uit ‘n voorval in 2018 tydens ‘n EFF-byeenkoms in Mdantsane waar Malema daarvan beskuldig is dat hy verskeie skote in die lug afgevuur het voor ‘n groot skare ondersteuners.

Malema is spesifiek skuldig bevind aan die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Landdros Twanet Olivier het in haar uitspraak beklemtoon dat die videomateriaal en getuienis in die hof die oortreding duidelik bewys het.

Malema se voormalige lyfwag, Adriaan Snyman, is egter vrygespreek.

Hy is daarvan beskuldig dat hy die betrokke vuurwapen aan Malema gegee het, maar die hof het bevind dat daar nie genoegsame bewyse is om hom aan ‘n misdryf te verbind nie.

Die hof sal binnekort ’n datum vir die vonnisoplegging aankondig. Malema se regspan het intussen aangedui dat hulle moontlike regsaksie of appèl oorweeg.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Ander Nuus Artikels

Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem

Luister nou