Indië se krieketraad het aangekondig dat die winsgewende Indiese Premierliga T20-kriekettoernooi, die IPL, onbepaald opgeskort is.
‘n Bron naby aan die besluit het aan Reuters bevestig dat dié besluit geneem is weens die groeiende konflik tussen Indië en Pakistan.
Dit kom nadat gister se wedstryd tussen die Punjab Kings en die Delhi Capitals in Dharamsala inderhaas onderbreek is weens lugaanvalle in die omgewing.
Die spreiligte is inderhaas afgeskakel en spelers en toeskouers is as ‘n veiligheidsmaatreël uit dié stadion ontruim.
Wêreldleiers het ook intussen vir kalmte gevra nadat die konflik tussen Indië en Pakistan vererger het. Pakistan se minister van verdediging, Khawaja Muhammad Asif, het die huidige situasie as moeilik beskryf.
Foto: NDTV SPORTS