Deur: Nuusweek-redaksie
’n Verhoging in Belasting op Toegevoegde Waarde gaan armoede verskerp en die basiese behoeftes van talle mense in die weegskaal plaas.
Dít is die mening van die verbruikersaktivis en voorsitter van Gryskrag, Ina Wilken.
Wilken sê die onlangse goedkeuring van munisipale verhogings bo die inflasiekoers tesame met die beplande verhoging in BTW is ’n bewys dat die regering nie die inwoners van die land se belange op die hart dra nie.
Volgens Wilken is die regering besig om diegene wat die ekonomie aan die gang hou eenkant te skuif.