Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die regering oorweeg die toekoms van die Openbare Beleggingskorporasie, of die OBK, te midde van voortgesette bestuursprobleme.
Godongwana sê veral die korporasie se ongenoteerde beleggingsportefeulje van sowat vyf persent wek kommer en dat die regering selfs kan besluit om dié deel van die besigheid te sluit.
Die OBK het onlangs ‘n nuwe direksie aangestel nadat die vorige raad bedank het.