Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Fase 4-beurtkrag kom dalk dié naweek na 10 maande daarsonder

31 Januarie 2025

Eskom het ná 10 maande sonder beurtkrag ‘n dringende waarskuwing uitgereik dat die kragnetwerk onder ernstige druk verkeer.

Die kragvoorsiener waarsku dat fase 4-beurtkrag dalk dié naweek ingestel sal moet word indien die situasie nie verander.

Eskom sê in ‘n verklaring dat talle toerusting en kragopwekkingseenhede die afgelope week onklaar geraak het, en dat dit langer geneem het as verwag om dié herstelwerk te voltooi. Om hierdie rede moes noodreserwes gebruik word om die ligte aan te hou.

“Hierdie noodreserwes moet nou weer aangevul word.” Volgens Eskom sal hy sy voorraad nagaan, maar indien nodig sal fase 4-beurtkrag noodgedwonge ingestel moet word.

Die minister van elektrisiteit en energie. dr Kgosientsho Ramokgopa het sowat ‘n week gelede gesê dat die implementering van die kragplan besig is om vrugte af te werp, en dat dit daartoe gelei het dat Suid-Afrikaners reeds 10 maande beurtkrag vry is.

Hy hoop ons sal dit tot ‘n jaar sonder beurtkrag kan maak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

319513481_900220214320987_5607893274331118530_n

SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede

Julius-Malema6

Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Charlotte

Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal beleef glo voedseltekort

LISENSIE-2

SA se enigste rybewys-drukker dalk binnekort herstel

GqNVwjBWcAANx_z

“Ons sal transformasie in hul kele afdwing,” sê minister

Ander Nuus Artikels

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Nuuskommentaar: Afrikaans se toekoms op SABC TV
pretoria
“Pretoria die land se veiligste stad, ‘n bewyse van ActionSA se vordering”
NDLOVU
Liggame van vermiste joernalis en sy vriendin gevind
319513481_900220214320987_5607893274331118530_n
SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede
Julius-Malema6
Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende