Luister nou

Fase 4-beurtkrag kom dalk dié naweek na 10 maande daarsonder

Deur Pretoria FM Nuusspan

31 Januarie 2025

Eskom het ná 10 maande sonder beurtkrag ‘n dringende waarskuwing uitgereik dat die kragnetwerk onder ernstige druk verkeer.

Die kragvoorsiener waarsku dat fase 4-beurtkrag dalk dié naweek ingestel sal moet word indien die situasie nie verander.

Eskom sê in ‘n verklaring dat talle toerusting en kragopwekkingseenhede die afgelope week onklaar geraak het, en dat dit langer geneem het as verwag om dié herstelwerk te voltooi. Om hierdie rede moes noodreserwes gebruik word om die ligte aan te hou.

“Hierdie noodreserwes moet nou weer aangevul word.” Volgens Eskom sal hy sy voorraad nagaan, maar indien nodig sal fase 4-beurtkrag noodgedwonge ingestel moet word.

Die minister van elektrisiteit en energie. dr Kgosientsho Ramokgopa het sowat ‘n week gelede gesê dat die implementering van die kragplan besig is om vrugte af te werp, en dat dit daartoe gelei het dat Suid-Afrikaners reeds 10 maande beurtkrag vry is.

Hy hoop ons sal dit tot ‘n jaar sonder beurtkrag kan maak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Ander Nuus Artikels

Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Luister nou