Die druk neem toe op die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om rentekoerse verder te verlaag, terwyl die eerste repo-koersbesluit van die jaar aangekondig word.
Hoewel die meeste ekonome verwag dat die repo-koers onveranderd op 6-komma-75 persent sal bly ná November se verlaging, sê kenners ’n sterker rand en ’n swakker Amerikaanse dollar kan ruimte vir verligting skep.
Die Seeff Eiendomsgroep het intussen ‘n beroep op die Reserwebank gedoen om die geleentheid te benut vir ’n betekenisvolle rentekoersverlaging om verbruikers, die ekonomie en die eiendomsmark te ondersteun.
Sanlam Investments sê op sy beurt die tydsberekening bly krities en dat verdere verligting eers waarskynlik is sodra daar groter sekerheid oor inflasie en elektrisiteitstariewe is.
Die prima uitleenkoers is tans 10-komma-25 persent.
Fotokrediet: Daily Investor