Luister nou

DuBAIE duur koffie

Deur Pretoria FM Nuusspan

’n Kafee in Dubai verkoop ’n koppie koffie vir bykans R17 400.00, wat dit die wêreld se duurste koffie maak.

Die koffie word uit Panamese Nido 7 Geisha-bone, wat op ’n plaas naby die Baru-vulkaan in Panama groei, gebrou.

Die medestigter van die Judlith-kafee, waar die koffie verkoop word, Serkan Sagsoz, sê Dubai is die perfekte plek vir die belegging.

Die kafee is in ’n industriële buurt geleë en is ’n gewilde bestemming vir koffieliefhebbers.

Hy sê daar is blomgeure van Jasmyn, sitrusgeure en ’n tikkie appelkoos en perske in die koffie se smaak te bespeur.

Die Julith-kafee het sy bone by ’n veiling in Panama gekoop ná ’n stryd van etlike ure onder bieërs.

Julith sê 20kg van die bone kos bykans 2-komma-2-miljoen dirham, dit is gelykstaande aan nagenoeg R10,5 miljoen.

Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou