Luister nou

Die DA in Gauteng doen ‘n beroep vir die afwenteling van polisiemagte

Deur Pretoria FM Nuusspan

15 Februarie 2024

Die DA in Gauteng doen ‘n beroep vir die afwenteling van polisiemagte, vanaf nasionale na provinsiale regering.

Die stap sal die provinsie in staat stel om sy gespesialiseerde polisie-eenhede te hê om misdaadverwante kwessies endemies aan Gauteng te hanteer. 

Die idee is vandag deur die Gautengse leier en premierskandidaat van die DA, Solly Msimanga, voorgehou.

Dít in aanloop tot die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se provinsiale staatsrede wat volgende week gelewer sal word.

Msimanga sê daar kan nie slegs een benadering wees om misdaad te pak nie.

Volgens hom het Gauteng ‘n gespesialiseerde polisie-eenheid nodig en is die misdaadvoorkomingsbewaarders – ook bekend as ‘amaPanyaza’ – nie die oplossing nie, aangesien hulle nie behoorlik opgelei is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Impak van regulatoriese omgewing op voedselsekerheid

DA Kandidate

DA stel 70 kandidate in ANC-wyke

Gemini_Generated_Image_h4z9g2h4z9g2h4z9

Belfast: Groeiende uitbarsting verwag

Jacinta

Onwettige immigrante: Spanning verwag soos spertyd nader

Orania

Kampusprojek van R15 miljoen op Orania beplan

Ander Nuus Artikels

Floppy die patrolliehond
Vermiste Floppy dood gevind
Ashley Oosthuizen - Fotokrediet News24
Ashley Oosthuizen se vonnis in Thailand wéér verkort
Vector of USA and Iran flag with grunge texture background. This illustration is an EPS 10 file with contains transparency effects.
’n Vredesooreenkoms is tussen die VSA en Iran bereik
Boer tot bord
Impak van regulatoriese omgewing op voedselsekerheid
DA Kandidate
DA stel 70 kandidate in ANC-wyke

Luister nou