Luister nou

Die aanslag op Feroz Khan se lewe word ondersoek

Deur Marelize Maré

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy het maksimum hulpbronne ingespan om die aanval op die geskorste generaal-majoor Feroz Khan te ondersoek.

Khan is gisteraand in Houghton in Johannesburg geskiet en is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Die ondersoek word deur die Gautengse Valke, Misdaad-Intelligensie en die speurdiens, ondersoek met die Politieke Moorde-taakspan wat ook alle leidrade opvolg.

Khan sou na verwagting op 1 Julie voor die Madlanga-kommissie verskyn, maar die polisie sê dit is te vroeg om te spekuleer oor ’n moontlike verband tussen die aanval en sy getuienis.

Die SAPD het die aanval veroordeel en sê geen hulpbronne sal gespaar word om die aanvallers op te spoor en in hegtenis te neem nie.

Gewilde Nuus

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Ander Nuus Artikels

Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Luister nou