Deur: James Kemp
Terwyl almal asem ophou om te sien of die BTW-verhoging van 0,5 persent wel in werking gaan tree, reken die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt, dat dit nie nodig is om BTW te verhoog nie.
Roodt sê alhoewel die minister verwag dat ’n BTW-verhoging die staatskas met ongeveer R13,5 miljard sal aanvul, dit waarskynlik nader aan R10-miljard sal wees, gegewe die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie en die onlangse verwikkelinge op die Suid-Afrikaanse markte.
Volgens Roodt is dit nie genoeg inkomste om die politieke bakleiery wat die BTW-verhoging veroorsaak het, uit te lok nie.
Roodt wys daarop dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens twee weke gelede bekendgemaak het dat die totale bedrag wat in die vorige finansiële jaar ingevorder is, R8,5-miljard meer is as wat die nuutste vooruitskattings aangedui het.
“Dit beteken ons het reeds R8,5 miljard van die waarskynlike R10 miljard wat hy (die minister van Finansies) nodig het.”
One Response
Dankie!