Luister nou

Dawie Roodt: Geen rede vir BTW-verhoging

Deur Pretoria FM Nuusspan

Deur: James Kemp 

Terwyl almal asem ophou om te sien of die BTW-verhoging van 0,5 persent wel in werking gaan tree, reken die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt, dat dit nie nodig is om BTW te verhoog nie.

Roodt sê alhoewel die minister verwag dat ’n BTW-verhoging die staatskas met ongeveer R13,5 miljard sal aanvul, dit waarskynlik nader aan R10-miljard sal wees, gegewe die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie en die onlangse verwikkelinge op die Suid-Afrikaanse markte.

Volgens Roodt is dit nie genoeg inkomste om die politieke bakleiery wat die BTW-verhoging veroorsaak het, uit te lok nie.

Roodt wys daarop dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens twee weke gelede bekendgemaak het dat die totale bedrag wat in die vorige finansiële jaar ingevorder is, R8,5-miljard meer is as wat die nuutste vooruitskattings aangedui het.

“Dit beteken ons het reeds R8,5 miljard van die waarskynlike R10 miljard wat hy (die minister van Finansies) nodig het.”

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Moneyweb

Munisipaliteite skuld Eskom baie

Fotokrediet: Netwerk24

VSA staak aanvalle op Iran

Boer tot bord

Die toekoms van die boer na die bord

Untitled design (26)

Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Untitled design (27)

Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: AfriForum
Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop
Fotokrediet: Africa Intelligence
Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek
Selby Mbenenge
RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors
Fotokrediet: Moneyweb
Munisipaliteite skuld Eskom baie
Fotokrediet: Netwerk24
VSA staak aanvalle op Iran

Luister nou