Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

DA doen ‘n beroep op die polisieminister om aanbevelings oor landelike veiligheid in werking te stel

Die DA se nasionale woordvoerder, Willie Aucamp, en dié party se woordvoerder oor polisie, Ian Cameron, vra dat die minister van polisie onmiddelik die aanbevelings ten opsigte van plaasmoorde en landelike veiligheid in werking stel.

Dit kom nadat die parlementêre portefeuljekomitees oor landbou en polisie ‘n verslag aanvaar het oor dié misdaad.

Volgens ‘n gesamentlike verklaring van Aucamp en Cameron het die komitee nou formeel erken dat plaasmoorde wel plaasvind en sonder versuim beveg moet word.

Van die aanbevelings sluit in dat ’n gespesialiseerde eenheid binne die polisie vir landelike veiligheid gevestig om beter intelligensie-netwerke te vestig om sindikate en oorgrensnetwerke te beveg.

Dit moet ook beter samewerking tussen die polisie, die Nasionale Vervolgingsgesag plaaswagte en gemeenskappe te verseker.

Die DA sê verder hulle verwelkom hulle leier, en die minister van landbou, John Steenhuisen se opmerking tydens Woensdag se vergadering tussen president Cyril Ramaphosa en sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump in die Withuis.

Steenhuisen het tydens sy spreekbeurt opnuut die aandag geplaas op plaasaanvalle- en plaasmoorde en die feit dat dit alle rasgroepe raak. Hy het ook gesê dat veediefstal ‘n reuse probleem is.

Aumcamp en Cameron het benadruk dat die moord op boere én hulle plaaswerkers ‘n bedreiging inhou vir voedselsekuriteit.

2 Responses

  1. Bla bla bla, het dit al voorheen gehoor.
    Die tyd om veroeke te rig is verby . . . . Daad werklike optrede word genoodsaak.

  2. Die oplossing is Julius Malema aankla ICC Den Haag en hof toe vat. Plaasmoorde en aanvalle strenger straf en miskien die vir die ergste gevalle.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende