Luister nou

DA doen ‘n beroep op die polisieminister om aanbevelings oor landelike veiligheid in werking te stel

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA se nasionale woordvoerder, Willie Aucamp, en dié party se woordvoerder oor polisie, Ian Cameron, vra dat die minister van polisie onmiddelik die aanbevelings ten opsigte van plaasmoorde en landelike veiligheid in werking stel.

Dit kom nadat die parlementêre portefeuljekomitees oor landbou en polisie ‘n verslag aanvaar het oor dié misdaad.

Volgens ‘n gesamentlike verklaring van Aucamp en Cameron het die komitee nou formeel erken dat plaasmoorde wel plaasvind en sonder versuim beveg moet word.

Van die aanbevelings sluit in dat ’n gespesialiseerde eenheid binne die polisie vir landelike veiligheid gevestig om beter intelligensie-netwerke te vestig om sindikate en oorgrensnetwerke te beveg.

Dit moet ook beter samewerking tussen die polisie, die Nasionale Vervolgingsgesag plaaswagte en gemeenskappe te verseker.

Die DA sê verder hulle verwelkom hulle leier, en die minister van landbou, John Steenhuisen se opmerking tydens Woensdag se vergadering tussen president Cyril Ramaphosa en sy Amerikaanse eweknie, Donald Trump in die Withuis.

Steenhuisen het tydens sy spreekbeurt opnuut die aandag geplaas op plaasaanvalle- en plaasmoorde en die feit dat dit alle rasgroepe raak. Hy het ook gesê dat veediefstal ‘n reuse probleem is.

Aumcamp en Cameron het benadruk dat die moord op boere én hulle plaaswerkers ‘n bedreiging inhou vir voedselsekuriteit.

2 Responses

  1. Bla bla bla, het dit al voorheen gehoor.
    Die tyd om veroeke te rig is verby . . . . Daad werklike optrede word genoodsaak.

  2. Die oplossing is Julius Malema aankla ICC Den Haag en hof toe vat. Plaasmoorde en aanvalle strenger straf en miskien die vir die ergste gevalle.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk
Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Luister nou