Luister nou

Corruption Watch en opposisie bevraagteken aanstelling van nuwe NDOV

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Die burgerregte-organisasie Corruption Watch het ernstige kommer uitgespreek oor die prosesse wat gevolg is met die aanstelling van advokaat Andy Mothibi as die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings (NDOV).

Volgens die organisasie is Mothibi nie aan dieselfde keurings- en onderhoudsprosesse onderwerp as ander kandidate vir die sleutelpos nie.

’n Onafhanklike adviespaneel wat aangestel is om geskikte kandidate te evalueer, het bevind dat geen van die ses persone op sy kortlys geskik was vir die NDOV-pos nie.

Ten spyte hiervan het President Cyril Ramaphosa voortgegaan om Mothibi aan te stel.

Corruption Watch se uitvoerende direkteur, Lebogang Ramafoko, sê hoewel Mothibi oor uitgebreide ervaring beskik, vereis die pos van NDOV meer as net tegniese kundigheid.

President Ramaphosa het die aanstelling intussen verdedig en beklemtoon dat hy binne sy grondwetlike regte opgetree het.

Hy het tydens die ANC se verjaarsdagvieringe in Rustenburg gesê dat hy besluit het om sy grondwetlike voorreg uit te oefen nadat die adviespaneel hom in kennis gestel het dat geen kandidaat as geskik beskou is nie.

Hy het ook aangedui dat hy in die toekoms sou wou sien dat die Grondwet gewysig word om ’n meer deursigtige en inklusiewe aanstellingsproses vir die NDOV moontlik te maak.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Citizen

Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Ander Nuus Artikels

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann
VSA-debat jaag temperature op
Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Luister nou