Luister nou

BTW-verhoging nie goed ontvang nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Beide die DA en die VF Plus het reeds aangedui dat hulle nie die begroting sal steun nie.

Dit kom nadat die minister van finansies, Enoch Godongwana vanmiddag aangekondig het dat die BTW-koers met 0,5% aangepas sal word tot 15,5% en ‘n verdere verhoging van 0,5% word vir aanstaande jaar beplan, wat dan die BTW-koers op 16% te staan sal bring.

Die DA-leier, John Steenhuisen sê die ANC weier steeds om te aanvaar dat hy sy meerderheid verloor het.

Steenhuisen sê die ANC wou ook nie na die DA se voorstelle luister, rakende die begroting nie.

Volgens hom word gewone landsburgers beboet, en word die toekoms van die regering op die spel geplaas.

Die VF Plus se nasionale voorsitter en hoofwoordvoerder oor finansies, Wouter Wessels het in reaksie gesê dat gewone Suid-Afrikaners gestraf word weens die buitensporige koste van Swart Ekonomiese Bemagtiging en korrupsie.

Wessels meen dit is kortsigtig om te dink dat die verhoging van staatsinkomste deur ‘n belastingverhoging die begrotingstekort daadwerklik sal aanspreek.

Hy sê belastingbetalers kan nie langer gestraf word vir die mislukkings van die verlede, korrupsie, staatskaping en swak beleidsrigtings nie.

Die vakbond Solidariteit sê dit is ‘n klap in die gesig van belastingbetalers dat belastingskale onaangepas bly en dat mediesefondsbelastingkrediete nie vir inflasie aangepas is nie.

Die Solidariteit Navorsingsinstituut se Theuns du Buisson sê hiermee word geld uit gewone Suid-Afrikaners se sakke gevat, eerder as om verkwisting te beëindig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Sky die polisiehond kry seer 3

DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Tronk

4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Fotokrediet: Maroela Media

Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou

Fotokrediet: Michalsons

AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan

POF-logo

POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk 24
Suid-Afrikaanse huishoudings is onder druk
Fotokrediet - X
Solidariteit waarsku oor raswetgewing
Tebello Mosikili
G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie
Sky die polisiehond kry seer 3
DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry
Tronk
4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Luister nou