Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

BTW-verhoging nie goed ontvang nie

Beide die DA en die VF Plus het reeds aangedui dat hulle nie die begroting sal steun nie.

Dit kom nadat die minister van finansies, Enoch Godongwana vanmiddag aangekondig het dat die BTW-koers met 0,5% aangepas sal word tot 15,5% en ‘n verdere verhoging van 0,5% word vir aanstaande jaar beplan, wat dan die BTW-koers op 16% te staan sal bring.

Die DA-leier, John Steenhuisen sê die ANC weier steeds om te aanvaar dat hy sy meerderheid verloor het.

Steenhuisen sê die ANC wou ook nie na die DA se voorstelle luister, rakende die begroting nie.

Volgens hom word gewone landsburgers beboet, en word die toekoms van die regering op die spel geplaas.

Die VF Plus se nasionale voorsitter en hoofwoordvoerder oor finansies, Wouter Wessels het in reaksie gesê dat gewone Suid-Afrikaners gestraf word weens die buitensporige koste van Swart Ekonomiese Bemagtiging en korrupsie.

Wessels meen dit is kortsigtig om te dink dat die verhoging van staatsinkomste deur ‘n belastingverhoging die begrotingstekort daadwerklik sal aanspreek.

Hy sê belastingbetalers kan nie langer gestraf word vir die mislukkings van die verlede, korrupsie, staatskaping en swak beleidsrigtings nie.

Die vakbond Solidariteit sê dit is ‘n klap in die gesig van belastingbetalers dat belastingskale onaangepas bly en dat mediesefondsbelastingkrediete nie vir inflasie aangepas is nie.

Die Solidariteit Navorsingsinstituut se Theuns du Buisson sê hiermee word geld uit gewone Suid-Afrikaners se sakke gevat, eerder as om verkwisting te beëindig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

490718493_966830712291039_3031033673762599941_n

Vlieënier dood toe vliegtuig in die Boschkop-omgewing neerstort

490680875_3643518662459829_7446549436871041958_n

Pretoria-man se liggaam in Diepsloot gevind

Ander Nuus Artikels

UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika
Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up
Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle
GoWjNLwWkAATPA2
Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende