SANParke het bevestig dat opruimings- en herstelwerk by die Skukuza Safari Lodge goed op dreef is, nadat ’n brand ’n deel van die eetsaal van dié luukse hotel se dak in puin gelê het.
Dít terwyl afgevaardigdes van die G20 – wat by die Nasionale Krugerwildtuin in Mpumalanga byeen is – gesit en eet het.
Niemand is beseer nie en ’n tydelike eetsaal is by die restaurant ingerig.
Die nodige noodmaatreëls is gevolg en SANParke asook die brandbestryders is deur omstanders geloof vir hul flink optrede. Die vlamme was glo binne ’n uur geblus.
SANParke se Rey Thakuli het gesê die oorsaak van die brand – wat gister omstreeks 14:30 uitgebreek het – word ondersoek.
Foto: Skermgreep uit toeris, Christine McLaren se video op Facebook