Luister nou

Bomplantgrappie: Tjoekie toe met Kaapse man  

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n 50-jarige man van die Wes-Kaap is vandag in die Bellville-streekshof tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis, nadat hy die polisie geskakel en beweer het dat hy bomme in verskeie plekke geplant het.

Dit was glo in ‘n poging om nie vir die dag werk toe te gaan nie.

Ferdinand Fortuin het skuldig gepleit.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê Fortuin het die polisie op 11 November verlede jaar laat weet dat hy bomme by die departement van water en sanitasie, Transnet se kantore en die Bellville-taxistaanplek geplant het.

Die NVG se woordvoerder, Eric Ntabazalila, sê Fortuin het glo die vorige aand partytjie gehou en wou nie werk toe gaan nie.

Sy optrede het die ontplooiing van aansienlike staatshulpbronne en die ontruiming van duisende mense by die drie persele tot gevolg gehad.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan

Luister nou