Luister nou

Bevolkingsbeheer van wilde diere moet nou in Marloth Park plaasvind

Deur Pretoria FM Nuusspan

29 November 2024

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ‘n hofbeslissing verwelkom wat die Nkomazi-munisipaliteit sal dwing om bevolkingsbeheer onder wilde diere in Marloth Park, Mpumalanga, toe te pas.

Dit volg nadat die NDBV die hooggeregshof in Mbombela (Nelspruit) genader het om verligting vir die diere van Marloth Park te bring. Die dorp grens aan die Krugerwildtuin.

Volgens die NDBV se woordvoerder, Jacques Peacock, het die wanbestuur van die omgewing tot erge oorbevolking en oorbeweiding gelei wat gevolge soos siektes, hongersnood en selfs vrektes vir die diere inhou.

Die probleem met oorbevolking het reeds in 2015 begin. In 2017 het die Marloth Park Belastingbetalersvereniging ‘n hofinterdik bekom om die munisipaliteit te keer om die dire van kant te maak.

Die hof se beslissing beveel die munisipaliteit ook om bykomende voeding en veearts-dienste te verskaf waar nodig. Die munisipaliteit het ook die beslissing verwelkom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: BBC

Nepalese berggids oorleef wonderbaarlik

Fotokrediet: Long War Journal

Iran teen Israel – die gevegte gaan voort

Cyril Ramaphosa wat opkyk - Leila Dougan - Daily Maverick

Pres. Cyril Ramaphosa – SA moet onwettige immigrasie uitwis

Placeholder_400x230

Voel jy soms ’n bietjie bang?

SANBS-1024x724

Burgemeesterskandidate, Vodacom Bulls en sangers deel van Pretoria FM se Boei en Bloei-bloedskenkdag

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: ddrdartest.azurewebsites.net
VF Plus reageer oor ‘n verdoemende e-pos
Fotokrediet: eNCA
Vyf senior polisiebeamptes geskors vir beweerde bedrog
Leerlinge onder druk
Verslag toon angs onder Afrikaanse hoërskoolleerlinge
Fotokrediet: BBC
Nepalese berggids oorleef wonderbaarlik
Fotokrediet: Long War Journal
Iran teen Israel – die gevegte gaan voort

Luister nou