Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Bevolkingsbeheer van wilde diere moet nou in Marloth Park plaasvind

29 November 2024

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ‘n hofbeslissing verwelkom wat die Nkomazi-munisipaliteit sal dwing om bevolkingsbeheer onder wilde diere in Marloth Park, Mpumalanga, toe te pas.

Dit volg nadat die NDBV die hooggeregshof in Mbombela (Nelspruit) genader het om verligting vir die diere van Marloth Park te bring. Die dorp grens aan die Krugerwildtuin.

Volgens die NDBV se woordvoerder, Jacques Peacock, het die wanbestuur van die omgewing tot erge oorbevolking en oorbeweiding gelei wat gevolge soos siektes, hongersnood en selfs vrektes vir die diere inhou.

Die probleem met oorbevolking het reeds in 2015 begin. In 2017 het die Marloth Park Belastingbetalersvereniging ‘n hofinterdik bekom om die munisipaliteit te keer om die dire van kant te maak.

Die hof se beslissing beveel die munisipaliteit ook om bykomende voeding en veearts-dienste te verskaf waar nodig. Die munisipaliteit het ook die beslissing verwelkom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater

VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening

Ander Nuus Artikels

CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen
ENOCH
Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende