Luister nou

Burgemeesterskandidate, Vodacom Bulls en sangers deel van Pretoria FM se Boei en Bloei-bloedskenkdag

Deur Pretoria FM Nuusspan

Redaksie

Twee burgemeesterskandidate, Vodacom Bulls-spelers en die gewilde sangers, Pieter Smith en Fatman, is enkele van die persone wat tydens ’n bloedskenkgeleentheid op Vrydag 12 Junie 2026 aan hul ondersteuners se lot uitgelewer is om uit die “tronk” vrygelaat te word.

Pretoria FM bied ’n bloedskenkgeleentheid saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, Loftus Park, Protea Hotel Pretoria Loftus Park asook die Vodacom Bulls in aanloop tot vanjaar se Wêreldbloedskenkerdag aan.

Die geleentheid vind in die vorm van ’n “Jail and Bail” plaas waartydens mense wat bokke vir sports is in die tjoekie toegesluit bly totdat genoeg van hul ondersteuners bloed geskenk het. Behalwe vir Pieter Smith en Fatman sal die burgemeesterskandidaat van die VF Plus in die Tshwane-metro, Willie Spies asook die DA se burgemeesterskandidaat vir die metro, Cilliers Brink, óók as gevangenes aanmeld.

’n Paar van die Vodacom Bulls-spelers sal ook in aanhouding bly tot genoeg rugbygeesdriftiges vir hulle vrylating bloed geskenk het. Nét bloed kan as hulle borgtog dien. Sing, balvaardighede en om te debatteer gaan hulle nié op dié dag help nie.

Pretoria FM se stasiebestuurder, James Kemp, wat ook agter tralies sal vertoef, sê dié projek lê die stasie na aan die hart.

“Die bloed wat een persoon skenk kan tót drie lewens red. Met hierdie projek, waarby ons al vir jare betrokke is, hoop ons om ’n verskil in honderde mense se lewens te maak.”

Die hoof van bemarking by die Vodacom Bulls, Shanil Managroo sê dat hulle trots is om hande te vat vir hierdie belangrike veldtog reg langs die span se tuisveld.

“As die Vodacom Bulls glo ons daaraan om ’n betekenisvolle verskil ook van die rugbyveld af te maak en hierdie inisiatief gee vir ons die geleentheid om ons gemeenskap te ondersteun op ’n manier wat werklik lewens kan red. Ons is opgewonde om deel te wees van hierdie poging en moedig ons ondersteuners en die breër publiek aan om by ons aan te sluit om ’n positiewe impak te maak”, het hy gesê.

Die eiendomsbestuurder van Loftus Park, Hilde-Marie Koekemoer deel die Vodacom Bulls se siening en het huurders, inkopiegangers en die breër publiek aangemoedig om ‘n positiewe impak te maak met ‘n eenvoudige daad soos om bloed te skenk.

“As ‘n gemeenskapsgedrewe bestemming glo ons daaraan om inisiatiewe te ondersteun wat ‘n werklike verskil in die lewens van ander maak. Ons is trots om tot hierdie belangrike saak by te dra en ‘n platform te bied waar ons gemeenskap kan saamstaan ​​om lewens te red”, het sy gesê.

Lede van die media, persfotograwe en kameraspanne word ook genooi om die geleentheid by te woon.

Datum:               Vrydag 12 Junie 2026

Tyd:                       09:00 – 17:00

Plek:                     Loftus Park-piazza

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek- https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/06/Uitgawe-69-05-11-Jun-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Liam Jacobs

Te vroeg om Liam Jacobs se invloed op kiesers te bepaal

Dawie Roodt

Invloed van brandstofpryse moontlik eers oor twee jaar sigbaar

Bennie van Zyl

Regering het boere gefaal

Jacques Broodryk

10 plaasaanvalle in Mei

Woolies 1

Woolworths: Ontploffings dalk werk van afpersers

Ander Nuus Artikels

River
Hoop stroom oor ná River se redding
Ernst Roets
Lex Libertas aan Roelf Meyer: Wees eerlik
Liam Jacobs
Te vroeg om Liam Jacobs se invloed op kiesers te bepaal
Dawie Roodt
Invloed van brandstofpryse moontlik eers oor twee jaar sigbaar
Bennie van Zyl
Regering het boere gefaal

Luister nou