Luister nou

Betogers gewaarsku om nie wapens te dra nie

Deur Marelize Maré

Die adjunk-nasionale polisiekommissaris verantwoordelik vir polisiëring, Tebello Mosikili, het Suid-Afrikaners gewaarsku om nie gevaarlike of tradisionele wapens tydens beplande betogings op 30 Junie te dra nie.

Sy het tydens ’n mediakonferensie saam met waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia gesê daar sal streng opgetree word teen enigiemand wat die wet oortree.

Dit sluit enige wapens soos spiese, sambokke en luggewere in.

Cachalia sê die regering ondersteun vreedsame betogings, maar sal nie geweld, intimidasie of onwettige optrede toelaat nie.

Die polisie is landswyd op hoë gereedheidsgrondslag met gedetailleerde operasionele planne om gemeenskappe en kritieke infrastruktuur te beskerm.

Die minister van verdediging Angie Motshekga sê intussen huidige intelligensie dui nie op enige onmiddellike bedreiging van wydverspreide onrus op 30 Junie nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is op gereedheidsgrondslag geplaas om die polisie te ondersteun indien geweld sou uitbreek, terwyl verskeie regeringsdepartemente deel is van die operasionele plan om stabiliteit te handhaaf.

Owerhede sê die veiligheidsoperasie kos die staat meer as R600 miljoen.

Gewilde Nuus

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Ander Nuus Artikels

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Luister nou