Luister nou

Asbesdak-oudit – Saak tot 26 Januarie 2026 uitgestel

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die voormalige premier van die Vrystaat, Ace Magashule is ontevrede met die hooggeregshof in Bloemfontein se besluit om die omstrede asbesdak-ouditsaak, na volgende jaar uit te stel.

Regter Philip Loubser het die verhoor tot 26 Januarie 2026 uitgestel. Die hof het gister beslis dat Magashule se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota, se uitlewering vanuit Amerika onwettig was, en dus is alle klagtes teen haar terruggetrek.

‘n Aansoek om verlof tot appèl oot Cholota se uitlewering sal volgende Vrydag op 13 Junie aangehoor word.

LEES OOK: Asbesdak-saak: Ace Magashule pleit onskuldig

Magashule, die sakeman Edwin Sodi, en 15 medebeskuldigdes, waaronder vyf maatskappye staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die asbes-saak van R255-miljoen.

Die staat voer aan die geld is betaal, maar geen werk is voltooi nie.

Magashule wou by die regter weet of hulle op 26 Januarie weer net vir 30 minute in die hof sal wees, voordat dit uitgestel word. Magashule meen dit is ontwrigtend.

Hy hou vol dat die saak polities gemotiveerd is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou