Luister nou

Afrikaanse Taaldag word herdenk

Deur Walter Ernst

Daar is baie herdenkingsdatums in Afrikaans se geskiedenis, maar vandag is een van dié belangrikste – die Afrikaanse Taaldag.

Alhoewel Afrikaans nie ’n spesifieke geboortedag of -plek het nie, word 14 Augustus as viering van die ontstaan van ons taal uitgesonder, want dit is die dag waarop die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in 1875 gestig is.

Dié genootskap het ʼn sleutelrol gespeel in die oorgang van Afrikaans as ʼn informele omgangstaal tot ʼn erkende skryftaal en uiteindelik ʼn volwaardige amptelike landstaal.

Die stigting van die GRA in die laat 19de eeu was nie net ʼn keerpunt in die taal se geskiedenis nie, maar ook ʼn daad van kulturele selfbevestiging en nasionale bewussyn vir die Afrikanervolk.

Tydens die stigtingsvergadering in die Paarl is daar besluit om die volk bewus te maak van homself en sy taal en om Afrikaans tot sy regmatige plek te verhef. Indien Afrikaans algemeen in gebruik is, sou die Bybelvertaling, waarna Arnoldus Pannevis gestrewe het, ’n werklikheid word.

Dit is dan ook na aanleiding van Arnoldus Pannevis se korrespondensie met die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap oor die vertaling van die Bybel in Afrikaans dat die vergadering plaasgevind het.

By die vergadering is oorgegaan tot die stigting van die GRA.

Die stigterslede was C.P. Hoogenhout, D.F. du Toit, S.J. du Toit, A. Ahrbeck, S.G. du Toit, G. Malherbe, dr. D.F. du Toit en P.J. Malherbe.

Die GRA se belangrikste medium was hulle koerant, Die Patriot, ’n dagblad waarin hulle hul eie soort Afrikaans aan die publiek bekend gestel het.

Met die uitbreking van die Anglo-Boereoorlog het die GRA tot niet gegaan.

Ander organisasies, soos die Afrikaanse Taalgenootskap (ATG), het egter in 1905 gedurende ’n kongres in Pretoria tot stand gekom onder leiding van Gustav Schoeman Preller.

Dit het ten doel gehad om die publiek aan te moedig om in Afrikaans te skryf en praat.

Sowat 7,2 miljoen mense praat Afrikaans as ’n eerste taal, en sowat 10 miljoen as ’n tweede of derde taal.

Afrikaans is die taal van soveel mense hier aan die suidpunt van Afrika, en dit is meer as genoeg rede vir feesviering.

 

Gewilde Nuus

Ramaphosa-besigheidsberaad

Ramaphosa eis goedkoper elektrisiteit

Fotokrediet: The Citizen

SANW waarsku oor informele nedersettings wat nader kruip

BenTzur en Ori - Instagram

Twee jong leeus is nou Vrystaters

Brandstofstygings

R10 mjd. om motoriste teen brandstofpryse te buffer

Bedrog - GWK ECE

SA het hoogste aantal beroepsbedrog in Afrika

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes SAPD-design
Honderde ongerymdhede in polisie se leefstyloudits bespeur
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 14 Augustus 2026
Ramaphosa-besigheidsberaad
Ramaphosa eis goedkoper elektrisiteit
Fotokrediet: The Citizen
SANW waarsku oor informele nedersettings wat nader kruip
BenTzur en Ori - Instagram
Twee jong leeus is nou Vrystaters

Luister nou