Die burgerregte-organisasie, AfriForum het die Nasionale Vervolgingsgesag gevra vir duidelikheid oor die status van pogings om lede van die Gupta-familie aan Suid-Afrika uit te lewer vir vervolging.
Die organisasie sê die saak, wat verband hou met beweerde staatskaping, korrupsie en geldwassery, bly een van die land se ernstigste skandale en het openbare vertroue in die regstelsel benadeel.
AfriForum wil weet in watter stadium die uitleweringsproses is, of nuwe aansoeke of onderhandelinge plaasvind, en watter struikelblokke nog bestaan.
Die organisasie sê die voortdurende vertraging skep die indruk dat sekere individue aanspreeklikheid kan ontduik, wat die beginsel van gelykheid voor die reg ondermyn.