Luister nou

900 besighede reeds vanjaar bankrot

Deur Walter Ernst

Byna 900 plaaslike ondernemings en individue het vanjaar reeds bankrot gespeel, nadat ’n verdere 143 insolvensies in Julie aangemeld is.

Volgens Statistiek Suid-Afrika (SSA) se jongste verslag is dit ’n skerp styging sedert Junie.

Ondernemings wat bankrot verklaar is het egter op ’n jaargrondslag met meer as 15,5% gedaal.

SSA het 245 likwidasies in Junie vanjaar aangeteken.

SSA meen dat die afwaartse jaartendens op ’n markklimaat dui wat herstel en groeiende beleggersvertroue ná jare se hewige ekonomiese druk.

Daar word tog waarsku dat maatskappye wat gereeld gelikwideer word, steeds ’n aanduiding van uitdagende handelstoestande is.

Oor die afgelope jare heen is die land gekenmerk deur ’n patroon van trae ekonomiese groei, hoë werkloosheidsyfers en ’n wesenlike vertraging in die implementering van politieke hervormings ter versterking van die ekonomie.

 

 

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ronald Lamola - TimesLive

SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Misdaadtoneel-Ekurhuleni

DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026
Fotokrediet: Instagram
Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”
Fotokrediet: InsureMyTrip
Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings
Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Luister nou