Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

16-miljard wagwoorde van Facebook, Google en Apple het uitgelek.

Kuberveiligheidskenners het bevestig dat 16-miljard aanlyn-besonderhede uitgelek het, en meen dit is dié meeste wagwoorde wat nog ooit uitgelek het. Hierdie 16-miljard wagwoorde verskyn op sowat 30 databasisse.

Daar is aanvanklik in Mei vanjaar berig dat 184-miljoen wagwoorde gesteel is, maar navorsing het gevind dat dit veel meer is as wat enigiemand verwag het. Volgens ‘n Forbes-berig is dit waarskynlik verskillende kuberkrakers wat verantwoordelik is vir die gesteelde besonderhede.

Die publikasie, Cybernews se navorsers ondersoek reeds sedert die begin van die jaar die gebeure. Vilius Petkauskas, verbonde aan die nuusdiens het bevestig dat dit die meeste wagwoorde ooit is wat gesteel is. Volgens hom word die data dikwels verkoop.

Google het te midde van die uitgelekte data, weer ‘n beroep op mense gedoen om nié op vreemde skakels te klik nie en om standaard wagwoorde te verander.

‘n Kuberveiligheidskenner, Evan Dornbush het aan Forbes gesê dit maak nie saak hoe lank en kompleks ‘n wagwoord is nie, sodra die kuberkraker toegang tot die databasis verkry het, waarop die wagwoorde gestoor is, kan hulle enige inligting bekom.

Hy sê dis om dié rede belangrik dat die gebruiker nie dieselfde wagwoorde vir verskillende platforms gebruik nie. Dornbush stel voor dat alle wagwoorde verander word te midde van die reuse uitlek van wagwoorde.

Skep sterk wagwoorde

Google het ‘n paar wenke saamgestel van hoe sterk, relatiewe veilige wagwoorde behoort te lyk.

  • Langer wagwoorde is moeiliker om te kraak. Volgens Google raai hulle ‘n minimum van 12 karakters aan, maar meen 16 is beter;
  • Kombineer hoof- en kleinletters en gebruik getalle en simbole. Moet ook nie ‘n volgorde soos A, B, C, D of 1, 2, 3, 4 gebruik nie;
  • Moenie dieselfde wagwoorde oor en oor gebruik nie;
  • Vermy persoonlike inligting soos jou naam en geboortedatum ens;
  • Vermy algemene woorde soos “password” of “qwerty”;
  • Jy kan ook gebruik maak van ‘n betroubare wagwoord-bestuurder. Dit help jou om jou wagwoorde te onthou en skep ook wagwoorde;
  • Gebruik toepassings wat jou inligting verifieer voor jy probeer toegang tot jou stelsels verkry;
  • Verander jou wagwoorde gereeld.

 

Foto – ChatGPT

2 Responses

  1. Moet ook nie jou password save op google nie. Dit vra om dit daar te save. As jy dit daar save weet Google wat dit is. Maak maar n dagboek oop en skryf dit daar neer.

  2. In die gevalle van gesofistikeerde webwerwe word die gestoorde wagwoorde geïnkripteer volgens ‘n eenrigting algoritme. Al steel iemand die geïnkripteerde wagwoord, kan hy steeds nie inkom nie, mits die kraker die algoritme kan “reverse engineer” wat nie moontlik is by gesofistikeerde webwerwe nie. Nogtans, moet nooit dieselfde wagwoord vir jou finansiële sake gebruik as enige ander webwerwe nie. Daar is moontlik minder gesofistikeerde webwerwe wat jou wagwoord direk stoor. Daarom moet jy jou wagwoorde van tyd tot tyd verander.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende