Luister nou

Meer as 750 banktakke verwerk nou slim ID’s

Deur Walter Ernst

Suid-Afrikaners kan nou by 753 banktakke landswyd vir slim-ID-kaarte aansoek doen, nadat die Departement van Binnelandse Sake sy doelwit vir die uitbreiding van die diens vier maande vóór die sperdatum bereik het.

Die minister van binnelandse sake, dr. Leon Schreiber sê dat meer as een miljoen Suid-Afrikaners reeds van die nuwe digitale diens gebruik maak.

Die departement het met die digitale vennootskap met die banksektor wat op 9 Maart vanjaar bekendgestel is,  onderneem om die diens teen Maart 2027 uit te brei. Die teiken is egter binne vier maande bereik.

Die departement sê dat slegs 214 kantore van Binnelandse Sake aan die begin van die huidige administrasie toegerus was om aansoeke vir slim ID-kaarte te verwerk.

“Met die toevoeging van 753 deelnemende banktakke is die diens by altesaam 967 plekke landswyd beskikbaar. Dit is ’n toename van meer as 350% in slegs 246 dae,” sê Schreiber.

Volgens Schreiber versnel die uitbreiding óók die uitfasering van die ou groen identiteitsboekie om identiteitsdiefstal hok te slaan, met nog banktakke wat binnekort by die vennootskap ingesluit word.

Die departement sê dat die diens burgers in staat stel om sonder voorafbesprekings of papierwerk by deelnemende takke van ABSA, Capitec, FNB en Standard Bank vir ’n slim ID-kaart aansoek te doen.

Gewilde Nuus

Ramaphosa

Salarisverhogings vir openbare ampsdraers goedgekeur

Werkloosheid (1)

Werkloosheidskoers styg met 0.1% in 3e kwartaal

Fotokrediet: CalMatters

Meta gebruik KI om tieners op sosiale media te identifiseer

Fotokrediet: The Japan Times

Dwelmgebruik: Moet dit ’n misdaad wees?

Plaasmoorde

AfriForum: 1 Desember as wêreldwye dag teen plaasmoorde verklaar

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Duurzaam Nieuws
SA Weerdiens waarsku oor hittegolf
Fotokrediet: Bloomberg.com
Die VSA bewillig baie geld vir projek in Suid-Afrika
Ramaphosa
Salarisverhogings vir openbare ampsdraers goedgekeur
Werkloosheid (1)
Werkloosheidskoers styg met 0.1% in 3e kwartaal
Fotokrediet: CalMatters
Meta gebruik KI om tieners op sosiale media te identifiseer

Luister nou